Kom speel saam

Fooie 2020

Maandelikse Fooi

1 Kleuter R2 650.00 per maand
2 Kleuters R5 035.00 per maand

Nasorg

1 Kleuter R750.00 per maand
2 Kleuters R1 425.00 per maand

 

  • Skoolfooie is betaalbaar vir 11 maande van die jaar, vanaf begin Januarie tot begin Desember.
  • Afslag gelykstaande aan 1 maand se skoolfooi word toegestaan indien skoolfooie vir die jaar vooruit betaal word.

Registrasiefooi

  • Alle nuwe kleuters wat ingeskryf word, betaal ‘n registrasiefooi soos volg:
    • R 1 000.00
  • Met betaling van hierdie fooi word u kleuter se inname in Reënboogland verseker en bevestig. Elke kleuter ontvang ook ‘n skoolsak, naamplaatjie, ‘n t-hemp, waterbottel, ‘n hoedjie en sonroom. Hierdie fooi sluit ook die jaarlikse sneusdoekies, wetwipes asook A4 papier in.
  • Die registrasiefooi is ‘n verpligte jaarlikse fooi wat nie-terugbetaalbaar is. Registrasiefooie word per kleuter gehef.

Maaltye

  • Alle kleuters ontvang ontbyt tussen 07:30 – 08:00. Daar word streng by tye gehou a.g.v. kurukilêre program asook kombuis wat moet regmaak vir happietyd en middagete.
  • Happietyd 10:00 (Ons verskaf ‘n broodjie, en ouers stuur ‘n vrug.)
  • Sien ons Spyskaart
  • Alle kleuters ontvang ‘n volledige middagete om 12:30.

Vakansies

Ons is oop tydens skoolvakansies. Ons bied ’n informele, prettige program aan gedurende skoolvakansies. Ontbyt, Happietyd en Middagete word voorsien. (Ouers stuur vrug saam.)

Hektye

06:45 – 08:15
13:00 – 13:30
16:00 – *17:30

*Boetes

Enige tyd na 17:30 word ‘n boete gehef van R100

 

Voltooi asseblief die onderstaande vorm en ons kontak u so gou as moontlik om ‘n afspraak te reël.

7 + 14 =